Uitnodiging om Informele Verblyf te Adverteer

Stel jou tuinwoonstel, huis of selfs net ‘n kamer in jou huis beskikbaar
tydens Innibos

 

Jaar na jaar groei die aantal besoekers aan Innibos, en jaar na jaar is daar ‘n tekort aan privaat verhurings…

Het jy dalk ‘n kamer in jou huis, ‘n tuinwoonstel of dalk jou hele huis wat jy tydens Innibos wil verhuur?  Wel, ons sal jou plekkie baie graag namens jou wil bemark.  Hierdie webblad is die amptelike advertensieblad vir verblyf vir Innibos besoekers.  Plaas jy jou advertensie hier, verskyn dit reg onder die neuse van mense wat baie graag van jou fasiliteite gebruik wil maak.

Om te adverteer is vrek maklik!

Al wat jy hoef te doen is om die aansoekvorm hieronder af te laai, dit te voltooi en aan ons terug te stuur.  Al die besonderhede is op die aansoekvorm – laai dit net af en siedaar: jou advertensie behoort binne 24  – 36 uur op ons webblad te verskyn.

Moet aseblief nie wag tot ‘n maand voor Innibos nie, besoekers bespreek hulle verblyf letterlik maande voor die tyd!  NOU is die regte tyd om jou aansoekvorm aan ons te stuur.