Net voor jy die knoppie druk om te vra…

ClickSendComputer

Ek ontvang die afgelope tyd heelwat eposse via hierdie bladsy met versoeke van voornemende besoekers om slaapplek namens hulle te bespreek.

Moenie my verkeerd verstaan nie, ek wil baie graag van jou hoor! Maar…

Ek doen nie besprekings namens feesgangers nie.  Hierdie webwerf s ‘n gratis diens waar ons voornemende feesgangers bekendstel aan diensverskaffers in en om Nelspruit.  Gebruik hierdie diens – kyk na die advertensies wat gelys is en kontak dan self die diensverskaffer van jou keuse.

Indien jy egter nie gehelp kan word nie of as die diensverskaffer van jou keuse “vol bespreek” is, laat my onmiddelik weet.

Vir enige ander vrae of as jy net bietjie wil gesels, gebruik hierdie vorm na hartelus om met my kontak te maak!

Vriendelike groete,

Maartin

Moenie skaam wees nie, kontak ons gerus!

5 + 8 =