Nelspruit Hoërskool

Koshuisverblyf

.

Kontakbesonderhede

Nelspruit Hoërskool stel sy twee koshuise, Huis Hermann Davin en Huis Maré, beskikbaar vir verblyf tydens die Innibos feestyd.

Besprekings kan gedoen word by Zandra van der Merwe – haar kontakbesonderhede is as volg:

  • Telefoon: 013-755 2082
  • Epos: zandra@nelliesh.co.za

Besprekings open op 3 April 2017

Tariewe

Huis Hermann Davin

R440 per kamer (2 bed).

Huis Maré

R440 per kamer (2 bed)

R220 enkel of per persoon vir 2, 4, 5 en 6 bed kamers

Vooraansig van Huis Hermann Davin

Vooraansig van Huis Hermann Davin

Algemeen

Elke kamer ontvang sy eie sleutel. ‘n Sleuteldeposito van R50 per sleutel is betaalbaar in kontant met aankoms.

Volle bedrag betaalbaar twee weke na bespreking.  Indien geen betaling ontvang is op genoemde datum nie, word u bespreking sonder verdere kennisgewing gekanselleer.  U kamer is eers bespreek na ontvangs van die volle bedrag.  Geen gelde is terugbetaalbaar nie.

Besprekings sluit 20 Junie 2016.

Inboek
Ons versoek dat persone die eerste dag van aankoms VOOR 20:00 sal inboek.

Beddegoed
Bring asseblief u eie beddegoed saam!!!

Ontbyt
Geen ontbyt

Badkamers
Die badkamers in die onderste gange gaan uitsluitlik vir mans wees en die boonste badkamers vir dames.  Bring asb u eie badprop indien u dit sou verkies om te bad.

Koffie water
Kookwater sal daagliks beskikbaar wees. Ons sal ook koffie, tee, suiker en melk verskaf. Bring asb u eie koffiebeker, lepel en spesiale koffie saam.

Muurproppe
Huis Hermann Davin:
Die kamers in die onderste gange (Yskor, Apollos en Manana) is NIE van ‘n muurprop voorsien nie.  Daar is egter wel muurproppe in die gang.  Die boonste kamers (Amor, Gate toe en Pezulu) het wel ‘n muurprop in elke kamer.
Huis Maré:
Geen muurproppe in kamers, slegs in die gang. Salon in elke gang is wel goed ingerig vir dames.

Parkering
Parkeer asb slegs op die parkeerarea by die hoofingang na die koshuis. Daar is  snags sekuriteit op die terrein.  Bring asb u eie slot en ketting indien u ‘n sleepwa gedurende die nag wil toesluit/vassluit.

Reëls
In belang van die veilige en gelukkige verblyf van Innibos gangers en die koshuis, word daar reëls neergelê waarby inwoners moet bly asb. Persone wat hul hieraan skuldig maak sal sonder terugbetaling van fooie uit die koshuis vergesel word.
•    Geen rook of alkoholiese drank sal in die koshuis toegelaat word nie.
•    Geen vandalisme sal geduld word nie.
•    Respekteer asb die privaatheid en rus van andere om u.

Aanwysings

GPS – Koördinate:
Hoërskool NELSPRUIT:    25°28’18.22”S  30°59’09.20”E
Hoërskool BERGVLAM (Innibos Feesterrein):   25°28’49”S    30°57’58”E

Vanaf Pretoria na koshuis
Neem Nelspruit CBD/Barberton afrit op die N4. By robot langs die groot ABSA gebou op regterkant, draai REGS.  Tweede robot (BRANDERS STR) draai links.  Ry oor een robot tot waar pad doodloop.  Draai REGS by die skoolhekke in. Huis Maré : 50m vanaf hek – links.
Huis Hermann Davin :  Ry verby die skool , ongeveer 400 m vanaf die hek, tot by die parkeerarea van die seunskoshuis, Huis Hermann Davin.

Vanaf koshuis na feesterrein
Ry uit by die hek.  By die tweede stopstraat draai LINKS.  Vyfde robot (dubbelpad na Baberton / Witrivier) draai LINKS.  By die eerste robot sal u die feesterrein op REGTERKANT sien.  Hoofingang is by die tweede robot regs in Geelhoutstraat.

Noodnommers
Sleutelmaker:    Crawley’s locksmith:    013-752-4751 / 083-556-6264
Hospitaal:    Nelmed forum:     013-755-5000
SA Polisie:  013- 759-1000
Nelspruit Mediclinic    :        013-759- 0500